Heleen

Na emails aan ‘n handjievol Warmshower hosts in Den Haag – ‘n antwoord. Van Heleen Neggers: Ja – kom bly gerus oor!

En watter teenoorgestelde toeval toe ons uiteindelik by die Vissersvrouw-standbeeld ontmoet! Ek het al ‘n klompie fietsreisigers “ge-host” by ons huis, maar nog nie vantevore self by ‘n host gebly nie. Heleen weer is ‘n gesoute langafstand fietser, maar het nog nooit vantevore self “ge-host” nie! 

En wat was je een goede host, Heleen!

Heerlike pasta-maal, lekker tee, ontbyt met Hollandse Gouda. En ‘n kamer met alles wat mens benodig om te kan herlaai na ‘n dag op die pad.

Maar die geselse (kletse 😊) … sy in Hollands – ek in Afrikaans… om te kon hoor hoe sy duisende kilometers per fiets doen… solo!

Europa, Skotland, Skandinawië, Engeland… En die stories! Van laat-donker by plekke arriveer, tot fiets wat breek en die gespartel om onderdele te kry en herstelwerk te doen, slaap in haar een-persoon tentjie, gesprekke in saunas oor belasting, beland in ‘n nudiste-kamp in Swede, en die absolute goedheid van mense.

Bekyk haar blog. Fassinerend.

Die beste egter was om te ontdek dat hierdie ‘n passievolle, goed-opgeleide, toegewyde en gelukkig-in-haar-werk HOëRSKOOL ONDERWYSER is. “Leraar” soos hulle hier sê. In wiskunde!

Ure se gesels. En ek kan nie help om in haar te sien die besondere eienskappe van al die “leraar”-tipe mense wat ek ken nie.

Jy is ‘n juweel vir jongmense, Heleen.

Goede reis op je aanstaande fietstocht. Moge de wind altijd in je voordeel zijn.

Dankie dat ek kon oorbly. 

Site Footer