Die donker kom van buite
en syfer deur die ruite.
Is daar dan nog kole op ons vuur?
Ons drome van gister
word somber en sinister.
Want – ja, Nico – daar is skielik pynlik ‘n vasgestelde uur.
Jou prentjies en jou foto’s
raak ons bakens en ons padkaart.
En jou tower-psige sal ons bybly.
Maar ons tafel word nie meer versier;
en jou skadu flikker nimmer teen ons muur.
Jou stem is stil, en die verlange is duur
en jou groet was sonder woorde.
So laat ons nie praat nie
want die tyd is verby, Nico.
En moet ons langsaam leer: daar is geen kuur.
(Met apologie. En bewondering.)