Wildeperdehoekpas

Na paar uur se grondpad uit Hondeklipbaai… via … Koiingnaas.

Net die bobbejane wat teen die kranse blaf, klipspringers onder in die klowe, en dassies op die rotse. G’n mens hier naby nie vir myle en myle.

En ‘n noordweste-briesie wat koue uit Kleinsee se rigting bring… oor die pad wat met moeite 150 jaar terug uitgekap is deur bandiete en fortuinsoekers… om met osse- en donkiewaens koper-erts van O’kiep na die hawetjie by Honneklipbaai te kry.

Namakwaland is stunning… blomme, of nie blomme.


				

Site Footer