Sondag in die stil donker-môre noord van Garies lê mens en luister hoe die Huidjiehu se geluid deur die oop venster aankom.
Die mense hier in vanjaar se droë-winter Namakwaland vertel die Huidjiehu roep aan die begin van die somer.
Dis vroeg Augustus, en die reën van Mei-maand is sover ‘n gebreekte belofte… soos die blommekykers begin kanselleer…
